Die ATKV Idiome Stryd finaal is gehou op die 27ste September. Uit 12 skole, wat 21 spanne ingeskryf het, het twee van ons leerlinge, Anri Visser en WP Oosthuizen, onder leiding van Mev. Sarina Vermeulen, meegeding in die finaal teen ‘n span van Edugate Privaatskool van Otjiwarongo. Hulle het ongelukkig met 7 punte verloor, maar ons is so trots op hierdie twee leerlinge wat in hul eerste jaar van deelname so ver gevorder het. Hulle beplan om verder hard te werk en volgende jaar weer te probeer om die ATKV Idiome Stryd kampioene te word.
Koekies en analise
Gobabis Gymnasium wil Google Analytics-koekies gebruik om te verstaan hoe hierdie webwerf gebruik word. Dit bly af tensy jy Aanvaar kies, en jy kan jou keuse enige tyd verander met die Koekie-instellings-knoppie.