In 2016 het Gobabis Gymnasium ‘n jaar gehad wat uitstaan. Ons skool kan met trots met 2 splinternuwe netbalbane spog. Nie net was ons netbalspelers bederf nie, maar al ons leerlinge ook, want on 2017 kan ons nou ook  ons voete sit in vier nuutgeboude klaskamers. Ons onderwysers en personeellede sit met groot glimlagte terwyl hulle koffie geniet in hul nuwe personeelkamer. Ons het ons dankbaarheid bewys deur ‘n dankseggingsdiens te hou. By hierdie diens het ons alle eer aan ons Vader gegee vir sy seën oor ons skool.