One eie leerling, Jonel Coetzee, het aan die einde van Junie 2017 amok gemaak in Italië waar sy gaan uithou rit ry het. Sy het gaan kwalifiseer vir die Wêreld Kampioenskappe op ‘n gegewe perd. Nie net het sy gekwalifiseer nie, maar sy het ook Gobabis Gymnasium gaan trots maak deur die “Junior League” afdeling te verower. Na afloop van wat hier gebeur het gaan ry sy in Augustus in België en neem dan ook aan die einde van September aan die HH Sheik Mansaur Bin Zayed Al Nahyan Endurance Festival For Juniors deel. Aan die einde van die jaar gaan sy weereens die Gymmie naam hoog hou in Abu Dhabi. “Ek sien baie uit vir wat voorlê en beskou elke oomblik as ‘n belewenis.” – Jonel Coetzee.
Koekies en analise
Gobabis Gymnasium wil Google Analytics-koekies gebruik om te verstaan hoe hierdie webwerf gebruik word. Dit bly af tensy jy Aanvaar kies, en jy kan jou keuse enige tyd verander met die Koekie-instellings-knoppie.