Gobabis Gymnasium bring weer die FNB Classic Clashes-beker huis toe
May
05
2020
Off
Voorbereiding vir die wedstryd het al vroeg in die netbalseisoen begin om te verseker dat Gobabis Gymnasium wegstap met die goud. Dit was ‘n naelbytstryd waar Gobabis Gymnasium in die laaste doodsnikke van die stryd ‘n doel aangeteken het en met ‘n eindtelling van 27 – 26 gewen het.
Gobais Gymnasium en Wennie du Plessis was kop-aan-kop, maar Gobabis Gymnasium het deurgedruk en vir Wennie dup Plessis geklop. Gobabis Gymnasium het nie vir een oomblik ophou baklei nie en het geweet hulle sal hul sokkies moet optrek om weereens die jaar se FNB Classic Clashes wedstryd te wen. Verligting en opwinding is duidelik gesien toe die eindfluitjie vir die laaste kwart geblaas het en Gobabis Gymnasium as die wenners aangekondig is.
‘Player of the match’ is toegeken aan die talentvolle Okeri Karuuombe, ‘n trotse Gimmie. Twee van ons matriekdogters kon ook hul laaste FNB Classic Clashes afsluit met ‘n trotse Gimmie-oorwinning en kon weereens met die goud wegstap.
Juffrou Erlin Small word hartlik bedank vir al haar harde werk en insette – sonder haar afrigting sou dit nie moontlik gewees het vir ons meisies om so goed te vaar en met soveel ywer en vaardighede te speel nie. As ‘n trotse gimmie sê ek dankie aan elke meisie wat ons skool se naam so goed verteenwoordig het op die baan. Ons sien reeds uit na 2018 se uitdaging!
Koekies en analise
Gobabis Gymnasium wil Google Analytics-koekies gebruik om te verstaan hoe hierdie webwerf gebruik word. Dit bly af tensy jy Aanvaar kies, en jy kan jou keuse enige tyd verander met die Koekie-instellings-knoppie.