Gobabis Gymnasium se atletiek byeenkoms vir 2018 het op Vrydag, 2 Februarie met die jaarlikse Big Brag begin. Die oorhoofse tema vir hierdie jaar was musiek genres. Die Springbokke was eerste aan die beurt en het “Country” musiek voorgestel. Hulle het baie oulik gelyk agterop die wa van ‘n blou trekker, en was mooi opgetof in cowboy uitrustings. Nadat hulle ‘n opwindende dans gedoen het was die Rooibokke aan die beurt. Hulle het musiek genres oor die algemeen voorgestel en met ‘n verskeidenheid van luukse karre opgedaag. Twee-twee was aangetrek volgens Rock, Reggae, Jazz, Pop en Disco temas.
Op Saterdag, 3 Febraurie was almal reeds vroeg by Gobabis Gymnasium se sportgronde. Almal was baie opgewonde, want danksy Org van Rensburg en Ben Dauth, is 2018 die eerste jaar wat die skool se eie sportgronde gebruik kon word vir die interhuis atletiek byeenkoms.
Die Springbokke en Rooibokke het heeldag hul bes gegee, en die uitslae by die prysuitdeling aan die einde van die dag was soos volg:
Beste presteerders:
O/7: Dogters – Thalita van den Heever
Seuns – Nico van Rensburg
O/8: Dogters – Katoo Jacobsz
Seuns – Uakumbua Mberira
O/9: Dogters – Sasha-Lee Bezuidenhout
Seuns – Munjambi Ngaujake
O/10: Dogters – Sune Moolman
Seuns – Attie McLeod
O/11: Dogters – Lindie Swart
Seuns – Liam Derks
O/12: Dogters – Githe Derks
Seuns – Jacobus van der Merwe
O/13: Dogters – Corelie Coetzee
Seuns – DeVos Moolman
O/14: Dogters – Chandre Jantjies
Seuns – Christiaan Barnard
O/15: Dogters – Tjamunene Otjivera
Seuns – Cecil Visagie
O/16: Dogters – Jonel Coetzee
Seuns – Petro Tripodi
O/17: Dogters – Cecilie Opperman
Seuns – Michael Robberts
O/19: Dogters – Okeri Karuuombe
Seuns – Ryan Williams
Beste Hekkies Atleet: Corelie Coetzee
Beste Prestasie van die dag: Dogters – Linda Grobbelaar
Seuns – Ryan Williams
Laerskool:
Junior Victrix Ludorum – Katoo Jacobsz
Junior Victor Ludorum – Munjambi Ngaujake
Senior Victrix Ludorum – Corelie Coetzee
Senior Victor Ludorum – Attie McLeod
Hoërskool:
Junior Victrix Ludorum – Joane Steyn
Junior Victor Ludorum – Christiaan Barnard
Senior Victrix Ludorum – Cecilie Opperman
Senior Victor Ludorum – Ryan Williams
Aan die einde van die prysuitdeling is die spanne aangewys vir die geesbeker en toe die wenbeker. Die geesbeker en die wenbeker vir 2018 is toegeken aan… DIE SPRINGBOKKE!!